Nederlands English

 

Welkom

Die gemeente is in 1953 gestig. Nadat dienste vir 'n paar jaar in Hope Hall gehou is, is die besluit geneem om ons eie kerkgebou, met pastorie en sale op te rig. Dit het in 1958 'n werklikheid geword. Ons gemeente bestaan dus nou, in 2020, 62 jaar!

Omdat die lidmate Nederlands is, Nederlands praat of 'n ander band met Nederland het, het ons Gemeente geen vaste kerkgrense nie, maar woon haar lede versprei van Krugersdorp tot Springs. Dit beteken allermins dat daar nie 'n hele aantal afrikaans en engels sprekende lidmate in die gemeente is nie.

Die bindende faktor is oorwegend Nederland, dus word lidmate van verskillende kerkelike agtergronde hier aangetref.
Die gemeente bestaan op die oomblik uit 80 lidmate.


Tydens die kwarantyn periode, plaas ons oordenkings in plek van kerkdienste, onder Mare skakel.

Kalender

Die erediens word elke Sondag om 10:00 gehou. 'n Aantal kerkelike feesdae word met spesiaale dienste gevier. Nagmaal wordt gereeld gevier.

Die kerk kantoor is elke Dinsdag oggend vanaf 09:00 tot 13:00 oop.

Kontak besonderhede

Straat Adres: Sherborne weg 3
PARKTOWN
Map
Pos adres: Nederlandssprekende Gemeente
Posbus 84552
GREENSIDE
2034
Kantoor telefoon: 011 726 1409
Kantoor Email: nlgemeente@mweb.co.za

Die Maranatha Mare is die amptelike maandblad van die gemeente. Lees interessante artikels, nuus van die gemeente en hou tred met gebeure. (net in Nederlands beskikbaar.)